Die Mosselbaai Munispaliteit het onlangs die deur vir moontlike enorme ekonomiese groei plaaslik oopgemaak deur 'n vergadering met Total Suid-Afrika en verskeie ander plaaslike rolspelers te fasiliteer met betrekking tot die Brulpadda-ontdekking wat onlangs aan die kus van Mosselbaai gemaak was. Hoewel die totale omvang daarvan nog nie vasgestel kon word nie, hou almal asem op en heers daar 'n positiewe optimisme vir die moontlikhede wat die oiliefonds vir die dorp, streek en land kan inhou.

Mosselbaai se munisipale bestuurder het Total Suid-Afrika se verteenwoordiger verseker dat Mosselbaai oor voldoende hulpbronne beskik, asook van die dorp en streek se gereedheid vir internasionale beleggings tydens verdere verkennings aan die Mosselbaai-kus.