See latest COVID-19 updates on government website www.sacoronavirus.co.za.
Email a Friend Share

 ref # 1182

print

R 9 500 000 (497 382 EUR*)

select a 2nd currency

mortgage calculator

7
3
± 1154 ha

GAME FARM BETWEEN RIVERSDALE AND LADISMITH

Hierdie wildsplaas is tussen Ladysmith en Riversdal langs 'n teerpad gelee en bestaan uit 3 titelaktes. Die 3 word saam as 'n 1154 ha wildsplaas verkoop.

Daar is 2 boorgate - een werk van Eskomkrag die ander met 'n sonpomp. Daar is 'n rivier wat vir ongeveer 2 km deur die grond loop. Daar is waterregte uit die Miertjieskraaldam vir 16 ha lande waarvan 7 ha huidiglik onder vloedbespoeiing is. Daar is 2 gronddamme en veesuipings. Eskomkrag is op die plaas.

Die woonhuis bestaan uit 3 slaapkamers, sit-eetkamer, kombuis, voorkamer, studeerkamer en 'n badkamer. Daar is 2 gastehuise waarvan die een 7 slaap en die ander 5. Altwee het 2 slaapkamers, sit-eetkamer, kombuis en badkamer. Daar is ook arbeidershuise, store, buitekamers, slaggeriewe, krale en bomas.

Ingesluit is verskeie implemente en wild wat gemsbokke, gouegemsbokke, elande, springbokke (wit, swart, koper en gewoon), koedoes, steenbokke en duikers. Die vee bestaan uit 50 skape.

Die besigheid word as 'n lopende saak verkoop.


  • Wildsplaas
  • Sertifikaat vir wild omheinings
  • 40 km van Riversdal


Message Agent

Pieter Le Roux, estate agent


+27 (0)72 382 3866
+27 (0)44 620 2594
 whatsapp agent
  pieter@dekaap.co.za pieter@dekaap.co.za
sms agent | agent properties