Pensioenarisse, wat die geregistreerde eienaars van residensiele eiendomme, kan kwalifiseer vir spesiale kortings,
Alle pensioenarisse moet teen 31 Mei 2019 weer aansoek doen vir kortings. Daar is sekere kriteria wat geld: Die eienaar moet die eiendom as sy/haar primere eiendom bewoon; ten minste 60 jaar oud wees; medies ongeskik verklaar wees; of in ontvangs wees van 'n bruto maandelikse huishoudelike inkomste wat nie die bedrag wat deur die Raad bepaal word tydens die Munisipaliteit se begrotingsproses, oorskry nie.
Aansoekvorms kan by die Munisipaliteit verkry word. Nuwe aansoeke kan enige tyd gedurende die jaar ingedien word. Die onus is op die rekeninghouer om inligting gereeld op te dateer.