Die Munisipaliteit sal swart, blou en groen vullissakke uitgee. Hier is 'n aanduiding van wat in die verskillende kleursakke geplaas moet word:

Swart - alle nie-herwinbare afval Blou - Herwinbare afval Groen - Tuinafval

Hierdie sakke moet almal gelyktydig uitgesit word op die dag van vullisverwydering in u area, Die Munisipaliteit sal die swart sakke afhaal en diensverskaffers sal die blou en groen sakke afhaal.

Kontak die Dept. Afvalbestuur en Besoedelingsbeheer by 044 606 5143 vir meer inligting oor hoe om tuinkompostering te doen. Vanaf Augustus 2018 sal elke huishouding 13 van elke kleur vullissake per kwartaal ontvang. Let daarop dat vullisverwyderings-tariefverhoging van 15% vir die 2018/19 finansiele jaar voorgestel is, plus 'n addisionele R10 sal vanaf 1 Julie gehef word vir die verwydering van tuinvullis.