See latest COVID-19 updates on government website www.sacoronavirus.co.za.
Email a Friend Share

 ref # 1314

print

R 2 200 000 (115 183 EUR*)

select a 2nd currency

mortgage calculator

3
2
4
± 15 ha

KLEINHOEWE MET PANORAMIESE LANDELIKE UITSIGTE

Hierdie kleinhoewe is in 'n pragtige ligging. Moerasrivier is gelee op die noordekant van Robertsonpas op die pad na Calitzdorp en Oudtshoorn en is tussen ander kleinhoewes. Die naaste dorp is Oudtshoorn wat 35km op 'n teerpad is sowel as Hartenbos op die Suidekant.

Die hoewe is 15.5 hektaar groot. Die huis bestaan uit 3 slaapkamers - almal met ingeboude kaste. Die hoofslaapkamer het 'n vol en-suite badkamer en 2de badkamer en gaste toilet diens die res van die huis. Daar is 'n oopplan sitkamer, eetkamer, kombuis en waskamer. Daar is 'n motorhuis vir 4 voertuie sowel as 'n groot braaikamer. Die hele huis het diefwering en daar is 2 gas geysers.

Die tuin is onder besproeiing en daar is 'n klimraam met swaaie, glyplank en sandput. Plaveisel voor motorhuis en oprit. Daar is plus minus 110 olyfbome ook onder besproeiing. Daar is 'n 5000 liter watertenk vir die huis en 'n sement opgaardam. Daar is ook 'n sloot wat water na die kleinhoewe toe bring - 1 uur leibeurt geregistreerde water. Daar is 'n halwe hektaar goeie grond vir 'n groente tuin.

  • Goeie ligging
  • In die middel tussen Hartenbos en Oudtshoorn
  • 3 slaapkamerhuis


Message Agent

Pieter Le Roux, estate agent


+27 (0)72 382 3866
+27 (0)44 620 2594
 whatsapp agent
  pieter@dekaap.co.za pieter@dekaap.co.za
sms agent | agent properties