Agent Login

Log in
 
Home About Us

About Us

De Kaap Eiendomme doen al 16 jaar sake in Groot Brakrivier en omgewing, wat ons die oudste agentskap in die dorp maak. Ons groei saam met die dorp en ken dus die mark. Ons span bestaan uit Mona, Marinda, Pieter en Pauline . Ons area strek van Glentana tot Klein-Brakrivier asook plase en Kleinhoewes tot sover as De Rust.

Ons adverteer op n gereelde basis in die Property Junction, Property Info, Landbouweekblad en die plaaslike George Herold, Mosselbaai Advertiser en die Oudtshoorn Koerant. Ons hou ook 4 keer per jaar kaas en wyn geleenthede waar ons eiendom ten toon gestel word in verskeie ander areas.

De Kaap Doelwitte en Vooruitsigte

  1. Ons streef daarna om die beste diens aan ons kliënte te lewer.
  2. Albei partye tot ‘n transaksie is vir ons die belangrikste.
  3. Om lewenslange vriendskappe op te bou.
  4. Om altyd te sorg dat die administrasie tot op dag van registrasie hanteer word met die minste moeite vir die kliënt.
  5. Om alle transaksies so spoedig moontlik en met die hulp van alle betrokke partye, af te handel.

Meer oor ons agente

Ons area strek vanaf Glentana in die Ooste tot Klein Brakrivier in die Weste. Ons doen ook die Tuinroete se plase.

Die span, bestaande uit Mona, Marinda, Pauline en Pieter het altesaam 42jaar se ondervinding in die eiendomsbedryf en probeer om seminare en opleiding by te woon om altyd by te bly by al die nuwe wetgewing en tendense in die bedryf. Al die agente het alreeds hul NQF4 sertifikate ontvang en Mona en Marinda het ook hul NQF5 sertifikaat ingehandig. Marinda het ook haar PDE sertifikaat ontvang.

 

Map of the Garden Route

Braaidag

Description of our smaller areas in the Great Brak River area

Our area has smaller areas in the main region to make it to find. It consists of Glentana, Outeniqua Strand, Nature on Sea, Dwarsweg Strand, SAOU Strand, Pienaar Strand, Botha Strand, Hersham, Dolphins Creek Gholf, the well known Island, Southern Cross, Eurekapark, Great Brak River, Tergniet, Reebok, Fraai-uitsig and Little Brak River.

The farms around the area are Friemersheim, Voorburg, Sinksabrug, Jonkersberg, Herbertsdale, Albertinia, Riversdal, Stilbaai, Gouritzmond, Jongensfontein, Ruiterbos, Hartenbos, Leeukloof, Brandwag, Hoekwil, George, Knysna, Joubertina, Uniondale, Oudtshoorn, Calitzdorp, Ladismith, De Rust and Prince Albert.

 

Glentana  |  Outeniqua Strand    |   Dwarsweg Strand    |   Pienaar Strand   |   Hersham   |   The Island   |   Great Brak   |   Tergniet   |   Rheebok  |  Fraai Uitsig