Agent Login

Log in
 
Home News and Events

News and Events

Great Brak River is nestled in a perfect Garden Route setting situated between George (30 km) and Mossel Bay (27 km). With breathtaking panoramic views just another advantage of settling down in this outstanding Southern Cape setting.

For total peace of mind and relaxation, enjoy and discover Great Brak’s un-spoilt beaches from Glentana to Little Brak River. This little majestic town really has it all so don't be shy, come pay us a visit...


" Did you know Great Brak River was the first village in the Southern Cape to have electricity? "

" Did you know that Great Brak River is 150 years old this year? "

 

Fine & Country awarded best in the world once more!



It is my greatest pleasure to announce Fine & Country has claimed the Best International Real Estate Agency Marketing at the International Property Awards. What a pinnacle achievement. This is akin to winning the World Cup for estate agency marketing.

Can you imagine sitting in The Savoy Hotel, amongst all the global brands and competing against Knight Frank, Savills, Harrods, Pam Golding, CB Richard Ellis and Ocean Estates, as the continental finalists were brought together from around the world? The tension mounted to the announcement of the most coveted Award. And the winner is...

Fine & Country!

The five-star gold award!

Best International Real Estate Agency Marketing!

This is the third year running we have won this award – a phenomenal record in itself and a truly supreme achievement.

This is a real team effort and achievement and we are all so pleased and so proud. It is also heart warming to announce that this accolade comes on top of the gold award for Best Prestige Property at The Sunday Times Estate Agency of the Year Awards 2011. Thank you very much for everybody for their huge support.

 

De Kaap, gaan van krag tot krag.

De Kaap Eiendomme was vir die afgelope 15 jaar baie aktief en bekend in die Groot Brakrivier area. In 2007 het ons die Fine and Country Franschise bygevoeg en vandaar net van krag tot krag gegaan. Ons deurstaan die moeilike tye met harde werk, uithouvermoë en baie geloof. Met ‘n groot wonderwerk en die genade van die Here het ons die afgelope 6 maande besonder goed gevaar en is 2 van ons agente beloon met ‘n toekenning van Fine and Country genaamd die Golden Circle Award vir agente wat uitstaande verkope getoon het. Altwee die pragtige dames het 6 eenhede in 3 maande verkoop. Hulle is onlangs getrakteer op ‘n toekennings-ontbyt by Kleine Zalze in Stellenbosch en was daar net ‘n handjievol agente hierdie eer beskore. Mona de Wet, die Prinsipaal, het saam met hulle die oggend bygewoon en is baie trots op haar agente en wil hulle ook bedank vir al hul harde werk en heerlike gees in die kantoor.

 



Marinda Self is al 15 jaar agent in die Groot Brakrivier area en Pauline Richards het haar in November 2010 by ons span aangesluit. Sy was voorheen in die verbande wêreld en hierdie kennis kom haar nou baie handig te pas. Hulle area in die pragtige Tuinroete strek van Glentana tot Fraai-uitsig. Pieter le Roux is werksaam in die Klein Brakrivier area en is ook die gesoute boer wat al ons navrae ten opsigte van plase hanteer. Hy het vir die volgende toekenning van 3 maande ingeskryf aangesien hy ook oor ‘n tydperk van 3 maande 6 eenhede verkoop het.

‘n Groot en baie moeilike besluit is onlangs geneem en besluit dat ons voortaan die Fine and Country logo alleen gaan gebruik aangesien hulle internasionaal baie goed vertoon en baie voordele aan ons agentskap bied. Fine and Country het agentskappe in die U.K., Mauritius, Malta, Nigerië, Amerika, Spanje, Portugal, Wes Afrika, Egipte, Namibië en UAE.
 

MOSSELBAAI IS IN DIE TOP TIEN IN SA VIR BEHANDELING VAN RIOOLWATER

Die Mosselbaaise Munisipaliteit is onder die top tien munisipaliteite in Suid-Afrika as dit by die suiwering van rioolwater kom. Om dit te bewys, kan die Munisipaliteit spog met die gesogte Groendruppelstatus vir 2011 vir twee van sy aanlegte, naamlik die Mosselbaai-aanleg, en die Friemersheim A-aanleg.

Die twee aanlegte het onderskeidelik 90,9% en 90,5% in die Departement van Waterwese se jaarlikse oudit van gesuiwerde rioolwatergehalte en rioolsuiweringstelsels en –programme behaal.

Die Munisipaliteit het ‘n gemiddelde van 88,6 persent vir al agt rioolsuiweringsaanlegte behaal, wat die Munisipaliteit agtste uit 283 munisipaliteite in Suid-Afrika ten opsigte van rioolsuiwering in 2011 geplaas het.

Ons is werklik trots op hierdie prestasie, en die harde en deeglike werk wat daarin gegaan het om die Mosselbaaise Munisipaliteit weer eens een van die top-presteerders, soos op verskeie ander gebiede, in Suid-Afrika te maak.
 

Great Brak Pretloop & SA Braaidag

Op 24 September 2009 het die dorp 'n pretloop gehad vir die 150ste viering van Groot Brak. Ons het 'n waterpunt beman en die mense moreel aangemoedig. Ons het ook die braaidag gevier wat uniek aan Suid Afrika is.

 Braaidag BraaidagBraaidag

Bloedskenk geleentheid

Bloedskenk is 'n baie belangrike gebeurtenis in ons kantoor en probeer ons elke keer as die kliniek Groot Brak besoek om ook ons kant te bring. Ons daag ook die ander besighede uit om ook hul goeie daad te doen. Saam het ons al 'n hele paar liters geskenk en hopelik 'n paar lewens gered.

Real Estate Sertifikaat Viering...

Hier klink die trotse agente van De Kaap Fine and Country n glasie om hul verpligte FETC Real Estate NQF4 Sertifikaat votooi te vier. Later in die jaar sal daar 'n funksie wees waar die sertifikate aan die agente oorhandig sal word deur Ditasa wat die opleiding en RPL proses gedoen het.

EIENDOMSMARK RAAK WEER LEKKER LEWENDIG

MARINDA DOEN DIT WEER VIR DE KAAP EIENDOMME
Ten spyte van die droogte en die swak ekonomiese toestande in die Suidkaap, is die dinamiese span van De Kaap/Fine & Country nog aan die kook en waar ons behoorlik moet bontstaan om alles afgehandel te kry.

“Ons was natuurlik nog altyd bekend vir ons uitstekende kliëntediens, maar ek wil tog die besonderse prestasies van ons staatmaker Marinda, uitsonder. Die afgelope jaar was seker ons moeilikste jaar ooit, maar Marinda het daarin geslaag om elke maand minstens een eiendom te verkoop. Die afgelope maand het sy  5 transaksies beklink! Selfs in die beste tye sou dit ‘n uitstekende prestasie gewees het, maar in die huidige marktoestande is dit absoluut merkwaardig. Dit getuig net weer van Marinda se uiters professionele benadering en die vertroue wat sy by kliënte inboesem –ons is gelukkig om haar as deel van ons span te hê”.

Dit is tans baie beslis ‘n Kopersmark, maar dit beteken steeds nie jy moet nou die Verkoper uitbuit nie. Ons ken die mark en waardeer eiendomme teen ‘n realistiese waarde sonder om onrealistiese verwagtinge by die Verkoper te skep. As ons ‘n transaksie teen die regte prys beklink, is dit ook baie makliker om finansiering te kry en almal is gelukkig. Ons stap elke tree saam met die kliënt en maak seker alles loop reg”.Kontak ons gerus vir enige eiendoms aangeleenthede. Ons help graag.

 

Glentana  |  Outeniqua Strand    |   Dwarsweg Strand    |   Pienaar Strand   |   Hersham   |   The Island   |   Great Brak   |   Tergniet   |   Rheebok  |  Fraai Uitsig